Bertus Osbloed van Niekerk se Pizza Basis


Mozzarella, Feta, Cheddar... wat ookal jou gunsteling kaas - kombineer dit met kruie en 'n paar stukkies vleis(as jy moet) en geniet die heerlike brosgebakte pizza.

Die pizza basis  is beslis van die beste wat ek nog teegekom het.  Maar, in Bertus se eie woorde “Die onderstaande resep moet presies net so gemaak word, anders werk hy nie.”

Jy kan  jou gunsteling vulsel opsit, maar glo my, selfs met net ‘n paar mozarella skywe, cherry tamaties en vars basil blare, kom die parmantige pizza sonder sukkel tot sy reg.  Die geheim le natuurlik in die ‘smeer’ soos hieronder uitgele.

Basil... Sweet, Sweet Basil

Deeg Basis

4 Koppies meelblom

1 pakkie kitssuurdeeg

340ml louwarm water

2 teelepels sout

4 teelepels suiker

en ek hou daarvan om so 2 teelepels fyn garlic in die deeg in te werk – maar dis opsioneel.

Smeer

1 blikkie tamatiepuree

‘n paar eetlepels olyftapenade (of olywe met ansjovis)

‘n paar huisies knoffel

“Whirr” die bogenoemde in die Bosch

Die basisbestanddele word eenvoudig in ‘n mengbak geroer en geknie totdat die konsistensie lekker deegerig is.

Daarna word dit verkieslik in die laatmiddagson (of op 40 grade in die oond) gerys totdat dit in volume verdubbel het.

Sny dit in kwarte en rol dit een vir een uit met ‘n goeie bottel cabernet (wat jy later gaan drink) .

Strooi meel op die werksoppervlak en oor die deeg om te keer dat dit aan die bottel kleef.  Goedkoper Cabernets kom in bottels met ‘n riffie net teen die boom en dit werk nie, die wyn moet goed wees. 🙂

Rol die deeg so dun as moontlik

Smeer elke basis met ‘n kwart van die smeer wat jy hierbó ge“whirr” het en voeg jou gunsteling vulsel by.

Verf die Tamatie, Olyf en knoffel mengsel op die basis

Vandag het ek mozzarella,  blokkies feta, bietjie gerasperde cheddar  en  gerookte ham gekies.  Onthou, daar is reeds knoffel en olyftapenade in die smeer.

Bak teen 180 grade totdat die kors bros is.  Dunner basisse maak lekkerder pizza.

Nadat kors gaar is, haal uit oond en strooi ‘n paar basil blare en cherrie tamaties op.   Njammies!!!

Feta, Mushrooms, Ham, Cheddar... Whatever tickles your fancy!

Voila!

Advertisements
This entry was posted in Breads, Fillings, Recipes and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s