Fairytale met ‘n Twist…


Skuus vir die elle lange stilte, maar ek moes  in diepte navorsing doen vir my volgende paar briewe.  Hoop julle geniet die stukkie net soveel soos ek!  After all – it is based on a true story!

 


Eendag lank, lank gelede, in die vroegere 1930’s,  was daar ‘n vlieende ginekoloog-internis.

Die ginekoloog-internis het gewoon en gewerk in die grote Namibie, toe bekend as Suidwes-Afrika.  Behalwe dat die dokter – let’s call him dr. Shreuder, van plaas tot plaas gevlieg het met sy 2-man ligte passasiers vliegtuigie en babas in die lewe gebring het, het hy uit die aard van die saak ook septiese, ontploffende blindederms verwyder, longe aan long- hartmasjiene gekoppel, gewasse verwyder en beswyktes as beswyk verklaar.

Operasies is natuurlik, as gevolg van vanselfsprekende omstandighede, in die plaaswoning se kombuis, bo-op die kombuistafel uitgeoefen.  Dr. Shreuder was gevolglik ‘n man met vele aansien. ‘n Respektabele man, bekend vir sy wysheid en statigheid. Die vlieende dokter Shreuder.

Behalwe dat dokter Shreuder dokter geheet en sy amp met welslae vervul het, was hy ook ‘n trotse voorstander van Duitse Nasionalisme. Sonder dat ek vreeslik hoef te verduidelik, kan jul sekerlik verstaan dat hierdie houding hom nie baie ver gebring het met die 2de Wereld Oorlog wat in die tyd die strate, dorpe en harte van Nabibiers gevul het nie.  Dr. Shreuder was ‘n man vol selfvertroue, gevul met mening en opinie en het sy hart trots en pennetjie-regop op sy mou gedra! Dokter Shreuder die aktivis.  Dokter Shreuder die slim man. Dokter Shreuder;  Duitse bond-genoot, Duitse wysheer en geneesheer. Vlieende redder van lewens en bewaarder van herkoms.

Why am I sharing Mr Shreuder’s story with you?

Wel sien, DieUwe het ‘n Vorste eggenote agter hom gehad.  Die ene Fransisca Paulina.  ‘n Pragtige gedekte tafel, kompleet met blomme,  tafeldoek en silwer eetgerei was aan die orde van die dag.  Allermins die geringste wat Mev-Dr. Shreuder vir haar lieflike familie kon doen.

Hiermee dus ‘n tipiese Dinsdagaand ete aan woning van die Shreuders.  Vroeg in September…

Mev Fransisca Paulina Shreuder se Dinsdag Spread...

  • Een Tuisgebakte brood – kniewerk gedoen deur Truida. Voorgesit met ongesoute Botter.
  • Bruinrys met gebraaide uie, sampioene, knoffel en preie.  Let asb. op die kappertjies wat as garnering gebruik word.
  • Butternut – crispy gebak in die oond.
  • Wortel, aartappel en uie gereg, afgerond met ‘n lepel egte botter en sout.
  • En Natuurlik……  ‘n Heel hoender met aartappels – brosgebraai en liggies gegeur.

Lees binnekort meer oor Dr. Shreuder se doen en late…

Advertisements
This entry was posted in Recipes and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

One Response to Fairytale met ‘n Twist…

  1. Eleanore says:

    What happened to Dr Shreuder, I love to hear what happened to the rest of his story?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s