Hallo Pa


My kinders is groot en pragtig Pa.  Pa sou so trots gewees het op hulle.  Ben was mos maar 6 toe die engel Pa kom haal het.  So verskriklik vroeg en gou.  Pa was toe maar ‘n skrale 15 jaar ouer aswat ek nou is.  Ek kan myself nie eers halfpad indink hoe dit sou wees om nog net 15 jaar te he om my lewe te leef en my drome na te jaag nie.  Ek raak sommer helemal benoud net aan die idee!

Ek het Pa altyd gehaat.  My hele lewe lank.  ‘n Mens raak groot met die woorde; ‘eendag as jy groot is sal jy verstaan.”  Ek het gedink dis blote bog (ek sou gese het ‘blote kak’ as ek nou nie met Pa gepraat het nie.  Pa was so anaal).  Ma se altyd vir my  ‘Jy’s nes jou Pa’,  en dan stry ek; ‘ek kan tog nie so narrow-minded en behep met wit en swart wees nie!’.  Die funny ding is; vandag is ek op happy-pille sodat ek kleur kan sien.  Maar ek en Ma praat al lankal nie meer nie.  Ek sal Pa eendag daarvan vertel.  Al wat ek vir nou gaan se is dat Pa haar hopeloos te vroeg alleen gelos het.  Sy was nog glad nie gereed om ‘n weduwee te wees nie.

Pa, ek weet nie wat Pa rerig van my verwag het nie.  Ek kon nie anders as om eerlik te wees met myself en my Skepper nie, en dit het my so ietwat op ‘n ongewone paadjie gestuur.  Ek is nie getroud met ‘n polisieman of ‘n bankbestuurder nie, Pa.  Ek kook nie rys, vleis en aartappels as ‘n reel nie, en ek is jammer om te erken, ek gaan nie elke Sondag kerk toe soos Pa ons geleer (en gedwing het) om te doen nie.   Pa, my neus brand en my oe werk hard om die keyboard te sien want soos ek nou hier sit is ek redelik emosioneel.  Onthou Pa hoe jy altyd gehuil het in die kerk as ons mooi liedere gesing het.  Ma het haar so vervies daarvoor.  Vandag doen ek dieselfde en ek het niemand nodig om hulle te vervies vir my nie.  Ek doen dit sommer self!

Ek het een verskriklike mooi prentjie in my kop Pa.  Dis een van Pa wat my op jou heup vashou toe ek so 5 jaar oud was.  Ek het so ‘n sjiffonnerige pienk rokkie aan. (dit was my verjaarsdag as ek reg onthou).  My lang  hare het spierwit oor my rug gehang. Maar wat ek die beste onthou van die dag is hoe Pa in my oe gekyk het.  Ek dink nie Pa het ooit weer so vir my gekyk nie.

Onthou Pa al die fights Sondae langs die etenstafel?  Ek sou of my mes en vurk verkeerd vashou, of ek het met ‘n ryskorrel in my mond gepraat.  Ek dink nog steeds dis absoluut absurd! Rerig!  En dis presies waaroor die fights gegaan het; ek wat nie my mond kon hou en liewer daai ryskorrel kou nie!  Nee, ek wou my punt maak.  Ons sou seker vandag nog stry as Pa geleef het. 

Ag, soms mis ek Pa so.  Pa was nie eers hier om my die kerk in te bring nie.  Pa is nie hier om my kinders te leer ghitaar speel en vir hul te sing nie.  My dogter is darem mal oor Elvis!  Maar niemand luister meer na Elvis nie, Dis nou Lady Gaga en Karen Zoid.  Pa sal hulle nie ken nie… Ek hoor ook maar net die klanke so uit die kinders se kamers kom.  Pa sal nie glo nie! Jy dink die cd was ‘n verbetering op die ou langspeelplate.  Vandag het my kinders 3000 liedjies op so klein silwer dingetjie wat hulle ‘n ipod noem. Dis redelik impressive, al moet ek dit self se!

Wat doen Pa deesdae daarbo?  Speel Pa ghitaar saam met ander Pa’s wat te vroeg hul dogters verlaat het?  Gesels julle oor ons?  Sou Pa dit anders doen as Pa kon terugkom?  Of het Pa al teruggekom? (as Pa my nou hoor word ek vasgevat!  Re-inkarnasie is beslis van die duiwel!  Maar ek wonder maar net, Pa.  Wonder maak nie van my ‘n slegte mens nie… Of is ek verkeerd?)

Wonder maak mos nie van my ‘n slegte mens nie… of is ek verkeerd?

 

Advertisements
Aside | This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Hallo Pa

  1. Janette says:

    Wow Ronel, skryf jy my sommer in trane!! Ja ons almal baklei met ons pa’s maar as ek sommer net dink aan die gedagte dat my pa nou weg geneem kan word sal dit ook te vroeg wees. Die sondag middag fights aan tafel klink so bekend en ja ons doen nie alles soos hulle ons geleer het nie maar ons het darm die basis reg!!! Sterkte met die verlange en die wonder!!!

  2. Alicia Mattheus says:

    Ai my goeie goeie jare lange vriendin!!!! Jys gereeld in my gedagtes al is jy so ver en ons het al ,soveel spesiale tye as kinders, ma’s en vriendinne gedeel en saam geleer deur ons foute … jy skryf so diep uit jou hart net soos JY kan! Dis sooo hartseer maar so waar! Elkeen van ons het ons goeie en slegte herinneringe! Soms vergeet mens daarvan maar ander dae dan tref dit jou en raak mens stil en wonder kon dit nie anders wees nie en as dit was sou jy jou lewe anders wou he as wat dit nou is? Ek verstaan jou pyn en jou wonder oor die dinge van die verlede en hede…. maar jy is nooit n slegte mens nie en kan ook nie wees nie… elkeen is ‘spesiaal op sy of haar eie manier! Jou pa onthou ek as n wonderlike mens! Maar elkeen het sy eie hartseer uit hul kinder jare…. Ek ken jou en ek verstaan waar jy verdaan kom my goeie goeie ou vriendin! Dankie dat jy deel uit maak van my verlede en my hede! Ek sou dit nooit anders wou he nie! Saam koester ons jare lange se herinneringe!Lief jou baie! Jys nie stupid om so iets te post nie…. neee jyt GUTS xxx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s